Ek wil net vir Chas Everitt veral Strepies en Sarina baie dankie se vir hulle baie professionele optrede tydens die verkoop van ons huis. Ons huis is binne ‘n dag verkoop en as daar enige navraag van ons kant af was was hulle onmiddellik daar om al die antwoorde stiptelik te gee. Alles het glad verloop en daar was nie een dag wat ons nie op hoogte gehou is van die vordering van die afhandelling nie. Dankie vir julle wonderlike diens aan ons. Hiermee wil ons graag die Chas Everitt eiendoms agentskap sterk aanbeveel sy dit wees om ‘n eiendom te koop of te verkoop.