Chas Everitt National Awards Gala Evening

NASIONALE ERKENNING VIR UITMUNTENDE SPAN EIENDOMS SPESIALISTE AAN DIE SUIDPUNT.

Die Chas Everitt Nasionale Leierskap Konferensie was onlangs aangebied in Melrose Arch, en Strepies van Wyk en Carol Ziman was daar.

Die sprankel geleentheid was by die baie gemaklike Marriott Hotel in Melrose Arch gehou, en het oor twee dae al die prinsipale en presteerders uit die groep saamgebring om inligtingssesies, beplanning, strategie en vooruitsigte te bespreek. Die groep is ook aangespreek deur die ongelooflike Hooftoon sprekers - Mike Staver en Vusi Thembekwayo.

Die Kaap Agulhas span is ongelooflik trots op die erkenning wat ons by die landwye toekennings ontvangs het. Dit was 'n aand om te onthou en ons het met arms vol toekennings weggestap.

Piet van Wyk is aangewys as die agent wat die tweede meeste eenhede in die hele land verkoop het vir 2021, 60 in totaal (dit sluit Metro areas asook Chas Everitt Ontwikkelings in). Welgedaan Piet! Dit is werklik 'n ongelooflike prestasie. Al die Chas Everitt transaksies word deurgaans gediens tot in met registrasie, en daarna, deur ons puik administratiewe span.

Sarina en Strepies het beide weggestap met 'n gesogte platinum 'Circle of Champions' trofee en Piet met 'n goue 'Circle of Champions' trofee. Die trofees word volgens 'n punte stelsel toegeken met elke verkoop as 'n punt en elke alleenmandaat verkoop as 'n punt. Om te kwalifiseer vir die Circle of Champions - Individue, moet agente vir Goud = 200 to 259 points (vir die jaar) en vir platinum 260 to 419 points (vir die jaar) verdien. By Chas Everitt Kaap Agulhas werk ons saam as 'n span, en om so uit te blink in hierdie span is ongelooflik.

Strepies het ook 'n toekenning ontvang as een van drie 'Luminary Awards' dit is toegeken aan 'Leaders with outstanding commitment in strengthening and inspiring success and lighting the way for others.' Sy is voorwaar 'n industrie leier, en ons is ongelooflik trots op haar.

Hier is ons trotse uitblinkers met hulle trofees.

Ons is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en die innoverende tegnologiese vooruitsigte vir die groep. Ons sien ook baie daarna uit om volgende jaar se resultate te sien met al die uitblinkers soos aangewys in ons kwartaalikse toekennings.

"Over the span of 42 years we have bought and sold many properties through various estate agents. We can honestly say that our dealings with Chas Everitt Cape Agulhas has been the best. Sarina and her team are professional, always prepared to assist and go the extra mile. We were kept up to date with every aspect of the registration process as it progressed. The whole experience of selling our home with Chas Everitt Cape Agulhas was easy and pleasant. We recommend them highly and wish them all the best for the future!" - Andre and Nicoleen Fuchs.

Buying or selling a home?

Leaders in Property Sales & Partners you can Trust