Strepies en Carol Vier Leierskap en Uitnemendheid by Chas Everitt se Nasionale Gala 2025
Strepies en Carol het die jaarlikse Nasionale Leierskapskonferensie bygewoon, waar ons na inspirerende sprekers soos Berry Everitt, Barry Davies, Billy Ekofo, Ryan Stramrood, Richard Wright, Brad Bredel en Brent Lindeque kon luister. Dit was ‘n ongelooflike inspirerende en leersame ervaring.
Ons het die seminaar afgesluit met die Nasionale Toekenningsaand en die Chas Everitt Nasionale Gala 2025. Wat ’n ongelooflike viering van uitnemendheid regoor ons nasionale netwerk! By vanjaar se Nasionale Gala het Chas Everitt Internasionaal met trots erkenning gegee aan die agente en kantore wat steeds met passie, professionaliteit en doelgerigtheid lei.
Strepies, met haar 32 jaar in die eiendomsbedryf en talle toekennings agter haar naam, bly ’n inspirasie en ’n krag in die industrie. Sy fokus op die Agulhas-gebied en is die prinsipaal van die Chas Everitt Kaap Agulhas-span – ’n wen-span wat voortdurend presteer.
Strepies het weereens die Circle of Champions erkenning ontvang vir haar uitstekende rekord met beklinkte transaksies vanaf Januarie 2024 tot Desember 2024, gebaseer op registrasies.
Aan al die wenners en genomineerdes – julle passie en deursettingsvermoë bly ’n inspirasie. Dankie dat julle help om Chas Everitt se suksesverhaal te bou en elke stap van die pad ’n betekenisvolle verskil te maak.






