Boere teen die Dorp Gholfdag

Chas Everitt was weereens die hoofborg van die Boere teen die Dorp Gholfdag wat 9 September op Bredasdorp gehou was. Die baan was vol met 80 spelers wat na 'n lekker langtafel ontbyt met 'n kanonafslaan die dag begin het. Dit was mooi weer met 'n paar wolke vroeg oggend.

So lyk die telbord na die laaste 42 jaar!

Dorp - 28 keer gewen; Boere - 13 keer gewen; Gelykop - 1 keer (1971)

Dorp wen hierdie jaar met 17 punte!

Dorp 430 punte
Boere 413 punte

1ste plek – Marius Swart en Kobus Groenewald met 48 punte

Die dag is afgesluit met die prys uitdeling en 'n smaaklike steak ete. Dit was baie gesellig met meer mense wat gekom het vir social en 'live' musiek deur Lisa Struwig op haar kitaar. Later die aand het Maureen Eksteen oorgevat en die nag in ge-DJ. Wat 'n heerlike dag!

Need a Home closer to the Country Golf action?

Leaders in Property Sales & Partners you can Trust