Ons is TERUG! Chas Everitt Cape Agulhas Open 1 Junie 2020

Chas Everitt Cape Agulhas Open 1 June Lockdown Level 3

Chas Everitt Cape Agulhas is gereed om oop te maak Maandag 1 Junie tydens Covid-19 Vlak 3 Inperking

Die hele Suid Afrika maak gereed, en die meeste van die land se werksmag keer terug werk toe Maandag, 1 Junie 2020. Die Suid-Afrikaanse Covid-19 Nasionale Kommanderaad het Donderdag die finale besonderhede deurgegee dat die Eiendomsbedryf wel die groen lig het om hierdie komende Maandag ten volle weer te mag bedryf.

Die Suid-Afrikaanse Covid-19 Nasionale Kommanderaad het die belangrikheid van prosedures vir gesondheid en veiligheid by die werkplek beklemtoon en Chas Everitt Cape Agulhas neem dit as baie ernstig op om die veiligheid van al ons personeel en kliente, met betrekking tot sosiale distansie- en streng higiëne-protokol, tydens alle eiendoms besigtiging en transaksies te virseker.

Volgens die nuwe Regulasies (Seksie 46 (1) van die nuwe Covid-19 Waarskuwingsvlak 3) mag Eiendoms agente selfs ook tydens vlak 3 huise skou, maar Chas Everitt Cape Agulhas sal vir ekstra veiligheid maatreëls ons huis besigtiging beperk, vir nou, tot ‘n een-tot-een basis. Chas Everitt Internasionaal het alreeds van die begin van die Inperking verskeie strategieë in plek om fisiese kontak te verminder, soos byvoorbeeld, virtueel waardasies en virtueel toere van eiendomme wat te koop is deur ons webtuiste www.chaseveritt.co.za. Ons agente is nog al die tyd werksaam vanaf die huis, en veelvuldige eiendoms transaksies het tydens die Inperking al plaas gevind - #Inperkingtransaksies

Weereens wil ons U, ons kliënte gerusstel, dat ons alles in ons vermoë doen om elkeen se veiligheid te virseker. Hiermee bevestig ons dan ook dat ons vanaf Maandag 1 Junie weer beskikbaar sal wees vir alle eiendoms transaksies by ons Chas Everitt kantore op Struisbaai, Bredasdorp en Napier.

Struisbaai Kantoor
49 Main Road, Struisbaai | Tel: 028 435 6181
Strepies van Wyk +27 82 801 6154
Piet van Wyk +27 82 897 3401
Sarina van der Westhuizen +27 84 433 3514
Grant van der Westhuizen +27 78 213 6070

Bredasdorp Kantoor
Wessel van Zyl +27 84 549 2917
Amy Neethling +27 82 958 9753

Napier Kantoor
Vicky Butler +27 73 422 3172

Wil jy Eiendom Koop of Verkoop?

Leiers in Eiendom Verkope & Eiendoms Vennoot wat jy kan vertrou